Nedersakse

Niedersachsen
Läichsaksen
Neddersassen
Nedersakse
Landsvlag Landswapen
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits, Nederduits en Saterfries[1]
Hoofstad: Hannover
Stigting: 1 November 1946[2]
Oppervlakte: 47 709,82 km² (2de)[3]
Bevolking: 8 027 031[4] (4de)
(31 Desember 2021)
Bevolkingsdigtheid: 169 inwoners / km² (12de)
BBP
 - Totaal
 - Aandeel aan Duitse BIP
2021
315,8 miljard €[5]
8,7%
Volkslied (Landeshymne): Das Lied der Niedersachsen
Skuldlas per inwoner: 8 241 € (30 Junie 2022)
Totale skuldlas: 66,154 miljard €[6] (30 Junie 2022)
Werkloosheidsyfer: 5,4%[7] (Oktober 2022)
ISO 3166-2: DE-NI
Amptelike webwerf: www.niedersachsen.de
Politiek
Eerste minister: Stephan Weil (SPD)
(sedert 19 Februarie 2013)
Regerende partye: SPD en Grüne
Setels in die parlement (Landtag)
(146 setels) (2017: 137 setels):
SPD 57 (2017: 55)
CDU 47 (50)
B90/Grüne 24 (12)
AfD 18 (9)
Laaste verkiesing: 9 Oktober 2022
Volgende verkiesing: 2027
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 6 (van 69)
Kaart

Nedersakse (Duits: Niedersachsen, [ˈniːdɐzaksn̩], ; Nederduits: Neddersassen, Saterfries: Läichsaksen) is 'n deelstaat in die noorde van Duitsland. Volgens sy oppervlakte van 47 709,82 vierkante kilometer en sy bevolking van 8,0 miljoen is Nedersakse die grootste deelstaat van Noord-Duitsland en die tweede grootste in Duitsland ná Beiere.

Alhoewel die moderne deelstaat Nedersakse eers so onlangs soos November 1946 met die samesluiting van Hannover, Oldenburg, Brunswyk en Schaumburg-Lippe geskep is, het die naam Nedersakse 'n lang historiese tradisie wat tot in die tyd van die groot volksverhuisings tussen die 3de en 7de eeu terugdateer – 'n periode toe die Sakse, 'n Germaanse stam, hulle hier gevestig het.

Hannover is met sowat 500 000 inwoners die hoofstad en grootste stad van Nedersakse. Die twee grootste stede van Noord-Wes-Duitsland, Hamburg en Bremen, speel eweneens 'n baie belangrike rol vir Nedersakse, aangesien hulle metropolitaanse gebiede ook na Nedersakse uitgebrei het.

  1. (de) "Verwaltungsbehörden und öffentliche Dienstleistungsbetriebe". Niedersächsisches Ministerium für Inneres und Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2018. Besoek op 22 September 2018.
  2. (de) "Verordnung Nr. 55, Bildung des Landes Niedersachsen". Landesamt für Statistik Niedersachsen. 1 November 1946. Besoek op 12 November 2022.
  3. (de) "Gebietsfläche in qkm – Stichtag 31.12. – regionale Tiefe: Kreise und krfr. Städte". Internetseite Bundesamt für Statistik. 31 Desember 2016. Besoek op 29 Julie 2019.
  4. (de) "LSN-Online Regionaldatenbank, Tabelle A100001G: Fortschreibung des Bevölkerungsstandes". Landesamt für Statistik Niedersachsen. 31 Desember 2021. Besoek op 12 November 2022.
  5. (de) "Bruttoinlandsprodukt in Niedersachsen stieg 2021 um 1,7%". Landesamt für Statistik Niedersachsen. 30 Maart 2022. Besoek op 12 November 2022.
  6. (de) "Vorläufiger Schuldenstand der Länder". Statistisches Bundesamt. 30 Junie 2022. Besoek op 12 November 2022.
  7. (de) "Arbeitslosenquoten im Juli 2022 – Länder und Kreise". Statistik der Bundesagentur für Arbeit. Oktober 2022. Besoek op 12 November 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search